skip to main content

D.J. Opperman se laatwerk : geesteswetenskappe

Van Vuuren, Helize

Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2014-08, Vol.11 (2), p.688-714

Litnet

Texto completo disponível

Citações Citado por
  • Título:
    D.J. Opperman se laatwerk : geesteswetenskappe
  • Autor: Van Vuuren, Helize
  • Assuntos: "Du liegst im groBen Gelausche" ; "Du liegst im groBen Gelausche" (You lie in the great auricle) ; "Groot ode" ; "Groot ode" (Great ode) ; "Vuurbees" ; "Vuurbees" (Fire-ox) ; Afrikaanse grot-gedigte ; Anabasis ; Cave poems ; D.J. Opperman ; Dolosse ; Edward Said ; Katabasis ; Komas uit 'n bamboesstok ; Komas uit 'n bamboesstok (Comas from a bamboo cane) ; Laatwerk ; Late work ; N.P. Van Wyk Louw ; Paul Celan ; Peter Szondi ; Prehistoric rock art ; Prehistoriese rotskuns ; Theodor Adorno
  • É parte de: Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2014-08, Vol.11 (2), p.688-714
  • Descrição: Dié artikel handel oor die invloed van faktore soos ouderdom, gesondheid, psigiese toestand en sosiaal-politieke omstandighede op digters se werk. In die gerontologiestudies (gefokus op bejaardheid) is daar in die letterkunde 'n klein bietjie navorsing deur enkele mense oor die laatfase van ouerwordende skrywers en ander kunstenaars, en hoe dit hul werk beïnvloed, gedoen. Op beeldendekunsterrein is dit veral Kenneth Clarke, vir klassieke musiek Theodor Adorno, en meer onlangs oor skrywers en musiek Edward Said wat oor die verskynsel geskryf en geteoretiseer het. Said se postuum-gepubliseerde On late style. Music and literature against the grain (2006) is die belangrikste raamwerk, naas Adorno en Clarke se essays. Die teoretisering is egter nog yl, met baie ruimte vir verbetering, gebaseer op nuwe "toetsgevalle" in die vorm van ander oeuvres as dié waaroor Adorno, Said en Clarke dit had. Elke individuele digter en skrywer se situasie en konteks is anders, en die werk wat voortkom uit hul latere lewe sien daar dus anders uit. Die laatwerke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog, J.M. Coetzee en D.J. Opperman is almal verskillend van aard, omdat hul kontekste anders is, en hul skrywerskap anders is. Dié navorsing oor D.J. Opperman fokus op Celan, Dolosse van 1963 (spesifiek gefokus op "Vuurbees"), Opperman en N.P. Van Wyk Louw se digterlike mededinging, en op Opperman se twee soorte laatwerk wat nie inpas in enige bekende patroon van laatwerk soos beskryf deur teoretici nie: die eerste fase van sy laatwerk bevat die digterlike neerslag van 'n psigologiese hellevaart (katabasis), terwyl die tweede laatwerkfase merkwaardig genoeg 'n nuwe lewe, 'n herrysenis uit die doodsgrot (anabasis) beskryf - anders gestel, die ondergangsfase (1963-1970) en die nuwe begin (1979). Soos die geval is met enige kunswerk, word laatwerk bepaal deur sowel konteks as lewensloop. In die artikel word dus ook op hierdie twee aspekte gekonsentreer en nie net op literêre tekste nie. In aansluiting by die psigoanalise van Jung (getoets aan kunswerke van Picasso) en Changeux se neurowetenskaplike navorsing (oor breinpatrone wat skeppende vormgewing beïnvloed) fokus die navorsing op 'n ontleding van "Vuurbees" vanuit intertekstuele perspektief, met sterk klem op rotskuns. In die fokus is dus die ontstaan van menslike taal, bewussyn en gewete in die eerste grot. D.J. Opperman's late work Paul Celan's poem "Du liegst im großen Gelausche" (You lie in great auricle), was written in 1967 but only published in his posthumous collection, Schneepart (Snow Part) (2007 English translation by Fairley). This poem, its original highly problematic reception, and the clarification afforded by the insights which Peter Szondi's posthumously published essay of 1972 offer the reader, is taken as the departure point for the paper. Szondi clarified the background of the poem as the poet's Berlin visit at the end of 1967. Celan was housed in the guest quarters of the Art Academy, which overlooked the snow-covered bushes of the Tiergarten. During Celan and Szondi's short city visit they saw a Christmas market with red Swedish Christmas wreaths, made with leaves and red apples, near the Eden apartments. This Eden building was the original military headquarters where Rosa Luxemburg and Karl Liebknecht had been held before they were murdered, with Luxemburg's corpse later thrown into the Landwehrkanal. Based on the reception of Celan's poem as set out by Philippe Lacoue-Labarthe (1986), an implicit argument is gradually forged in this article for taking into consideration (as part of the readerly and interpretative processes) of the specific geographical, politico-historical and autobiographical contexts for the genesis of especially difficult poems. This consideration is often highly relevant, even revelatory, for greater understanding of such poems, as Szondi's unfinished essay makes abundantly clear.
  • Editor: Litnet
  • Idioma: Africâner

Buscando em bases de dados remotas. Favor aguardar.